|
Kan
ek 'n kwalifikasie verwerf?
'n Sertifikaat
word aan studente toegeken indien die student die eksamen suksesvol
aflê. Aangesien die student 'n oopboek eksamen in sy eie huis
voltooi, word 'n slaagpunt van 70% vereis, alvorens die sertifikaat
toegeken word. Die student besluit vrywillig of hy die eksamen wil
aflê ten einde die sertifikaat te kan ontvang.
Wat
is die duur van die kursusse?
Die
kursusse bestaan uit hoogstens vyf self-evaluerende werkopdragte
wat oor 'n tydperk wat vir die student geskik is afgelê word
en dan 'n vrywillige oopboek eksamen wat die student tuis voltooi
aan die einde van die kursus.
Instruksiemetode
van die kursusse
Die
werkopdragte behels dat u n gedeelte uit n voorgeskrewe
handboek bestudeer en daarna n opdrag voltooi wat uit werklike
voorbeelde bestaan (soos u dit in u kantoor sal gebruik). Werksopdragte
kan ook op 'n rekenaar voltooi word. Alle werksopdragte, en ook
die eksamen, word tuis afgehandel op 'n korrespondensiebasis en
kommunikasie met die kursusaanbieders geskied deur middel van telefoon,
faks of e-pos. Die kursusse dek al die nodige aspekte van hetsy
finansiële rekordhouding of die hantering van alle vorme van
belastings of ook die bemarking van landbouprodukte vir 'n boerdery.
Onderwerpe wat gedek word, word later meer breedvoerig behandel.
Werksopdragte word deur die student self aan die hand van memorandums
nagesien.
Vir
wie is hierdie kursusse ontwerp?
Die
kursus is spesifiek ontwerp vir boere, boervroue, landbou-ekonome
en ponsdames wat wat in boerderye werksaam is.
Moet
ek rekeningkundige kennis hê om die kursusse te kan doen?
Geen
vorige rekeningkundige kwalifikasies word vereis nie.
Van
watter nut sal die kursus vir my wees?
Die
kursus sal u in staat stel om u boerdery se finansiële rekordhouding
en belastingberekeninge rekeningkundig korrek te kan doen. Beter
rekeningkundige kennis sal u in staat stel om u boekhousagteware
beter te kan interpreteer en ingeligte bestuursbesluite te kan neem
gegrond op vertakkingsontledings en verhoudingsgetalle. Hierdie
kursus is ook ideaal vir vir die opleiding van kantoor- of ponsdames
wat u rekordhouding moet behartig. Kennis oor bemarking sal u in
staat stel om 'n bemarkingsplan vir u eiesoortige omstandighede
op te stel. Sodoende kan u produkte met minder risiko bemark word.
Watter
onderwerpe word deur die kursusse gedek?
Die
sillabusse van die kursusse is soos volg:
FINANSIëLE
REKORDHOUDING
COMREK1
(Vyf werksopdragte)
Inleiding
& begripsverduideliking
Opstel & open van rekeninge
- Bates, laste & eienaarsbelang
- Inkomste & uitgawes
Opskryf van transaksies
- Bates, laste & eienaarsbelang
- Inkomste & uitgawes
- Rekonsiliasies
Opstel van finansiële verslae
- Balansstaat
- Inkomstestaat
Ontleding & vertolking van verslae
- Vertakkingsontledings
- Verhoudingsgetalle
Belasting en finansiële rekordhouding
Watter
handboek word gebruik?
Finansiële
Rekordhouding vir n Boerdery
BELASTING
COMTAX1
(Vier werksopdragte) COMTAX1 (Vier werksopdragte)
COMTAX1
(Vier werksopdragte)
Inleiding
& begripsverduideliking
Inkomstebelasting
- Bepaling van belasbare inkomste
- Berekening van betaalbare belasting
BTW
- Berekening van uitset-BTW
- Bepaling van inset-BTW
Werkgewersbelasting
- Berekening van SIBW/LBS
- Administrasie van werkgewersbelasting
Ander belastings
- Boedelbelasting
- Skenkingsbelasting
- Streeksdiensteraadsheffings
Belastingbesparings & -vermydings
Watter
handboek word gebruik?
Belastinggids vir n boerdery
BEMARKING
COMMARK
(Vier werksopdragte)
Inleiding
Historiese agtergrond
Die boer as bemarker
Vraag & aanbod
Prysbepaling
Koste van bemarking
Alternatiewe markgeleenthede
Kontraktuele verbintenis
Prysverskansing
Opbrengsverskansing
Uitvoere
Die waarde van markinligting
n Bemarkingsplan
Produkte
sluit in:
- Vee;
- Graan; en
- Varsprodukte
Watter
handboek word gebruik?
Bemarking
vir n boerdery
|