COMPUTUS se bestuursevaluasie is 'n eenvoudige toets waarmee die boer sy bestuursvaardighede kan bepaal. Dit bevat eerstens 'n indeling van die vernaamste bestuursterreine waarop die boer homself as bestuurder van sy boerdery begeef. Tweedens word die tien belangrikste bestuursfunksies binne elke terrein aangedui.
Die voltooing van die evaluasie is eenvoudig deurdat slegs JA of Nee op 'n
hele aantal vrae geantwoord word. Dit neem ongeveer 'n halfuur om
die vrae te beantwoord.
Daar is twee weergawes van die bestuursevaluasie naamlik 'n uitdrukbare
weergawe en 'n rekenaarweergawe. Die uitdrukbare weergawe is in
PDF-formaat en kan per hand voltooi word nadat dit uitgedruk is. Die
rekenaarweergawe is in Excel-formaat. Dit kan in Excel oopgemaak en
voltooi word. Die rekenaarweergawe doen outomaties die puntetelling
terwyl die toets afgelê word. Die boer met self sy puntetelling per
hand bereken met die uitdrukbare weergawe. Beide weergawes kan
hieronder afgelaai word. |
|
|